Swartland Munisipaliteit blok
fibre in Malmesburry

Inwoners van Malmesbury word daarvan weerhou om die beste gehalte fibre-internet te ontvang.

Trusc het vroeg in die Covid-19 inperking reeds by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen om fibre-internet te laat installeer in Malmesbury, Riebeeck-Wes, Riebeeck-Kasteel, Darling en Moorreesburg.

Hierdie versoeke was verwerp alhoewel ons dit aan die munisipaliteit duidelik gemaak het dat geen van die areas tans aktief gediens word deur ‘n fibre-internet verskaffer nie. Ons het dit ook duidelik gemaak aan die munisipaliteit dat die primêre begunstigdes van hierdie inisiatief die skole en skoliere sal wees, wat hoë spoed fibre-internet waar nodig, gratis sal kan gebruik.
Ook dit het op dowe ore geval. Dit het ons laat wonder wat die moontlike rede kan wees dat die munisipaliteit ‘n enkele diens verskaffer so sterk sal beskerm, tensy daar ander bande is wat nie aan die publiek bekend is nie…

Nogtans het Trusc voortgegaan met die tweede beste alternatief, om aan al die skole, waar moontlik, konneksies te verskaf. Hierdie alternatief was toegewyde wireless skakels na elke skool.
Ons het ook aan al die onderwysers internet verskaf teen ‘n verminderde tarief, maar die volume van skoliere wat konneksies benodig kan nie deur hierdie tradisionele wireless skakels gediens word nie. Ons benodig fibre-konnektiwiteit
om dit te kan regkry en hierdie fibre-internet moet onder eienaarskap van Trusc wees, sodat ons aan hulle ook hierdie diens gratis kan verskaf, omdat ander fibre verskaffers dit nie kosteloos aan ons kan verskaf nie.

Trusc vra dus die Swartland gemeenskap om by hierdie veldtog aan te sluit om betroubare hoë spoed fibre internet na die dorpe van die Swartland te bring, en om dan sodoende ook aan al die skoliere toegang te kan gee tot gratis
Opvoedkundige Internet. Edu-Fi is ‘n Trusc gebasseerde inisiatief en wil graag fibre toegang na alle dorpe en skole bring, binne Trusc se diens area. Tot op hede het ons reeds 33 skole wat aktief gekonnekteer is, en aan meer as 570 onderwysers en 17000 skoliere internet verskaf.

Ons wil u dus graag aanmoedig om ons Facebook blad te ondersteun en om ook u kommer aan die Swartland Munisipaliteit deur te gee. Hulle kan gekontak word by telefoonnommer 022 487 9400 of per epos na swartlandmun@swartland.org.za 

Post Views: 645

2020 Ed-Fi, All Rights Reserved