Probeer die Positiewe sien tydens n Wêrld Pandemie…
COVID-19 het ons samelewing gedwing om te herevalueer hoe dinge gedoen word en die benadering tot onderwys en skoolopleiding was geen uitsondering nie.
Nadat ons gekontak was deur verskeie skole tydens die vroë stadiums van die inperking, het ons span van Trusc besef watter uitdagings skole in die gesig staar terwyl hulle probeer om hul studente en onderwysers op die regte spoor te hou met afstandsonderrig, sonder die voldoende internetverbinding om dit te kan toepas.
Dus was Edu-Fi geskep!
Dit gaan oor veel meer as om net internet gratis weg te gee, dit gaan oor die belegging in die toekoms. Dit gaan oor meer as om die moeilike werk wat
onderwysers het ‘n bietjie makliker te maak, dit gaan oor om die volgende generasie ‘n voorsprong te gee! Dit gaan oor meer as net mense te verbind, dit gaan oor die verbetering van gemeenskappe.
Dit gaan oor regverdigheid…
Elke skool het ‘n gratis hoëspoed, onbeperkte internetverbinding.
Die verbinding sal opvoeders in staat stel om leerders die beste gehalte onderwys te bied, terwyl hulle op hoogte bly van hul daaglikse lewens gedurende die ‘nuwe normaal’ wat hulle in die gesig staar.
Daar is geen “verval datum” op die projek nie. Daar word gesê dat die toekoms aanlyn is,
en onderwys behoort geen uitsondering te wees nie…
Buitendien die pandemie, sal Edu-Fi ‘n hele nuwe omvang van toegang tot inligting voorsien vir alle partye wie betrokke is, en dus gemeenskappe toegang te gee tot die hele wêreld, vir alle generasies van die toekoms!
Oor die Projek
Dit is n ope uitnodigging! Daar is werklik geen kriteria of vereistes nodig
om by die span aan te sluit nie.
Die hoop is om met elke skool te kan saamwerk wat wil bydra tot die verbetering van toegang tot Onderwys!
Aangesien ons graag saam in gesprekke sal tree oor hoe ons kan saamspan om die projek n realiteit te maak,
word alle skole in ons areas aangemoedig om kontak te maak deur vir ons n eops te stuur na community@trusc.net