Inwoners van Malmesbury word daarvan weerhou om die beste gehalte vesel-internet te ontvang.

Sedert September 2019 is daar goedkeuring verleen aan ‘n sekere plaaslike netwerkoperateur om vesel in Malmesbury te installeer. Daar is weinig tot geen vordering met die lewering van hierdie noodsaaklike (broodnodige) diens aan die inwoners van Malmesbury, wat tot dusver onder hierdie monopolie gebuk gegaan het nie.

Selfs na herhaalde aansoeke deur talle ander netwerk operateurs om so ‘n noodsaaklike diens te mag lewer, word hierdie plaaslike netwerkoperateur steeds beskerm deur die Swartland Munisipaliteit. Elke aansoek is sedert vroeg in 2020 afgekeur en hierdie tendens duur tot vandag toe voort .

Trusc en Edu-Fi is aan die voorpunt van hierdie stryd om bekostigbare en betroubare internet aan alle inwoners van Malmesbury te verskaf. Tydens die Covid-19 Lockdown het Trusc die dringende behoefte geïdentifiseer dat skole verbind moet word deur betroubare en hoëspoed-internet, maar ons aansoeke vir vesel is van die hand gewys. Trusc het onmiddellik die hoogste snelhede wat ons kon bereik met draadlose skakels na skole waar ons kon help, heeltemal gratis beskikbaar gestel. Hierdie skakels is vandag nog op alle skole behalwe twee, in Malmesbury, in werking.

Trusc het ‘n visie om deur middel van ons Edu-Fi-inisiatief gratis internet aan ons skoliere beskikbaar te stel, op skool, tuis, sowel as in u gemeenskappe, aangesien ons glo toegang tot onderwys is ‘n basiese noodsaaklikheid, ongeag ras, geslag of agtergrond. .
Dit is met hartseer dat ons deur die Swartland-munisipaliteit verhinder word om dit aan die inwoners van Malmesbury beskikbaar te stel. Hulle het toestemming om vesel te installeer aan ‘n plaaslike onderneming verleen, wat met so ‘n stadige tempo installeer dat dit net sowel glad nie geïnstalleer kan word nie, terwyl maatskappye soos Trusc hul uiterste bes doen om die nodige internet te lewer waar dit die nodigste is.

Met die nodige goedkeuring vir die installering van die veselinfrastruktuur, sal Trusc binne ‘n paar maande diens aan die meerderheid van Malmesbury kan lewer. Ons sal behoeftige skoliere kan help met die broodnodige toegang tot onderwys van die huis af, en ook die plaaslike ondernemings in staat kan stel om te funksioneer volgens die standaarde wat nodig is om in hierdie post Covid-19 wêreld mee te ding; waar alles aanlyn is.

Ons het alreeds geweldige ondersteuning van die Malmesbury-gemeenskap ontvang en vertrou verder op u om by hierdie veldtog aan te sluit om Swartland Munisipaliteit die geleentheid te gee om aan ons toestemming te verleen om aan Malmesbury beskikbaar te stel wat elke ander dorp, behalwe u, reeds kry – toegang tot internet van gehalte en u reg om u netwerkoperateur self te kies.